Alida Bezuidenhout | SA Home Loans

North West

08 Feb 2012

Alida Bezuidenhout

Na my egskeiding moes ek nood gedwonge by my ouers bly maar in my agterkop het ek baie verlang na my eie plekkie en het dit as 'n doelwit in my lewe gesien. Na byna 6 jaar het ek uiteindelik die ideale huis gesien wat ook nie te veel gekos het nie en was my soektog verby. Nadat ek met my skoonsuster gepraat het - sy werk by 'n prokruer wat oordrag doen het sy vir my gehelp om by al die finansiele instansies aansoek te doen vir 'n lening. SA Home Loans was die mense wat my die gouste en flinkste gehelp het en binne 'n week was my huis lenning goed gekeur. Nie lank daarna was my huis op my naam en het ek ingetrek. Baie dankie dat u dit vir my moontlik gemaak het en my deposito was ook nie so baie nie in teendeel kon ek nog kaste in my kombuis en een slaapkamer laat installeer met die geld wat ek oor gehad het.

Contact
Client Zone
Get started