Charmaine Draisbach | SA Home Loans

North West

13 Sep 2013

Charmaine Draisbach

Waar sal ek begin om te vertel oor hoe dankbaar en bevoorreg ons is? Eerstens is ek en my man uiteindelik na 10 jaar se huwelik gesen met n pragtige seuntjie wat volgens die dokters n groot wonderwerk is. Ons het die nuus gekry dat my bloedtoetse n Chromosoon afwyking het, dit sou beteken dat hierdie kindjie erger gestremd sou wees as Down sindroom (liggaamlik en fisies) dat hy ook nie eers sou weet dat hy bestaan nie, hulle het ons ook bewus gemaak van die feit dat ons dalk n aborsie sou moes oorweeg. Om n lang en hartseer storie kort te maak het ons letterlik gebid vir sening en genade oor hierdie kindjie en vandag is hy die gesondste oulikste seuntjie wat juis Sondag, 15 September 2013 sy eerste verjaarsdag saam met ons vier. Tweedens het ons besef dat ons sal moet uitkyk vir n huisie om ons geluk te kan kroon. Binne 2 maande het ons die huis van ons drome gevind en danksy SA Home Loans het alles vining verloop en die lening is goedgekeur. Ons wil net vir julle baie dankie s dat julle n groot deel van ons drome verwesenlik het en ons so kon help om n dak oor ons en ons seuntjie se koppe te kon gee. Baie, baie dankie!!

Contact
Client Zone
Get started