Isabella Scheepers | SA Home Loans

Gauteng

25 Oct 2011

Isabella Scheepers

My mammie het in Warmbad gewoon en het baie siek geword en versorging nodig gehad. My mammie was absoluut my idol en ek moes onmiddelik 'n plan maak om haar by my te kry. Ek is geskei en het nog nooit voorheen enige eiendom besit of lenings gehad nie. Om die waarheid te s ek het geen krediet rekord gehad behalwe my krediet kaart. Ek het verby 'n huis gery en gesien daar is 'n woonstel aan die hoof huis. Ek het dadelik gestop en 'n aanbod (wat ver onder die markwaarde van die eiendom was want dit is wat ek sou kon bekostig) om dit te koop in die mense se posbus gegooi. Die eienaar het my gekontak en ges hulle aanvaar dit. Toe moes ek 'n lening kry. Ek het 'n pamflet in my woonstel se posbus gekry oor SA Home Loans. Ek het die dame gekontak en sy het my dieselfde dag kom sien. Sy het alles in die fynste besonderhede aan my verduidelik. Ek het die vorms geteken en my aansoek is toe in. Die volgende dag het SA Homeloans my gebel en ges hulle het my aansoek ontvang en ek sal binne 24 uur weer van hulle hoor. Ek gedink "Ja dit wil ek nog eers sien. Met my salaris sal ek seker nooit weer van julle hoor nie " En sowaar 2 dae later is my lening goedgekeur! Ek was in die wolke en het dadelik deur Warmbad toe gery en reellings getref vir my mammie se trek. Ons was so gelukkig in ons huis maar ongelukkig is my mammie na 3 jaar oorlede. . 

Contact
Client Zone
Get started