Paul Du Preez | SA Home Loans

Western Cape

31 Oct 2011

Paul Du Preez

Wel ek het my huis gekoop in 1991. Ek het soos dit my sak pas aangebou en so paar lenings gemaak op my verband. Wel ek is nog steeds nie klaar aangebou nie want as gevolg van die ekonomie en familie wat in geldlike nood was,is my fondse elke keer in hul rigting geswaai, want familie is mos belangrik en mens moet help as jy kan. Ek ek het onlangs weer op my verband probeer leen maar agv mediese rekeninge wat agter geraak het met betalings vir my kinders se gesondheid het ek n swak naam gekry. Wel nie teenstaande wou SA Home Loans my nie n verdere verlenging op my verband gee om die mediese kostes klaar te maak nie, wat beter vir my sou wees. Ek bedoel hulle kry op die ou einde meer geld terug. Wel ek kan seker nie hulle blameer nie ne. So ek sal ma SATAN blameer dat hy my kinders siek gemaak het en die ekonomie wat my Lae Salaris betaal sodat ek nie my rekeninge kon betaal nie. So dit kos maar balansering om my skuld te betaal en kos op my kinders se borde te plaas. My skuld wat ek eerste betaal is my huis wat vir my die heel belangrikste is. Ek is vir jare n lojale klient en sal altyd een wees. Ek sal ook SA Home Loans aanbeveel net waar ek kan wat ek al telkemale van te vore gedoen het. Wel ek hoop maar die brief op die regte oe, want ek dink SA Home Loans kan nog meer doen om baie mense wat lojale kliente is finansieel uit te help. 

Contact
Client Zone
Get started