Riaan Heinse | SA Home Loans

Western Cape

22 Apr 2012

Riaan Heinse

In 2002 het ek my huislening by julle uitgeneem oor 'n periode van 10jaar! Aug hierdie jaar sal ek klaar betaal wees. In hierdie 10jaar het ons nooit 'n paaiement gemis of laat betaal nie. In hierdie tydperk het ek twee keer geld bygeleen maar die tydperk dieselfde gehou. Hierdie jaar het ons besluit ons wil weer 'n verdere bedrag leen en verbetering aan die huis doen. Eerstens moes ek my tydperk weer na 10jaar verleng en dit was blitsig gedoen. Die aansoek vir 'n verdere lening is 'n nagmerrie! Op 30 Mrt '12 het ons aansoek gedoen. "n Klomp inligting is van ons gevra o.a 'n afskrif van ons prepaid elektrisiteits strokie!!! NB: EK IS 'N BESIGHEIDSEIENAAR-GROOT PROBLEME AS JY WIL GELD LEEN-19JAAR IN BESIGHEID! Het nou einde Feb'12 my bestuurstate vir die SARS gegee vir die jaar eindig feb'11. Daar was gevra vir bestuurstate vir tydperk Mrt'11 tot op datum. Kon dit nie dadelik gee nie want boekhouers wou die inligting eers in Des'12 van my he maar moes op jul aandrang dit kry. Ontvang 'n sms dat ek voor of op 5April hierdie inligting moet verstrek. Laat weet boekhouer is besig en sal stuur sodra ons kan. Kry inligting na paasnaweek, stuur dit deur. Hoor niks, stuur mail aan Hayley, sy laat weet aansoek is gesluit. Toe ek vir haar baas se nommer vra se sy hy sal my teen 2uur die middag bel. Niks het gebeur nie maar net na my oproep ontvang ek 'n sms wat se hul het my aansoek gekry en ek sal gekontak word deur 'n konsultant.

Contact
Client Zone
Get started