Desmond Collins | SA Home Loans

Free State

12 Sep 2012

Desmond Collins

Ek het aansoek gedoen vir 'n lening maar slegs omdat ek perongeluk op 'n huis afgekom het wat ek gedink het potensiaal het maar was glad nie desperaat nie. Die eiendoms agent het vir ons aansoek gedoen by soveel instansies moontlik maar my hoop was min. Dit was minder as 24 uur voor ek bevestiging kry van SA Home Loans dat my aansoek ontvang is en net 48uur toe kry ek 'n oproep wat se die lening is goedgekeur. Nie eers 'n week nie, en hulle laat weet my ek koop 'n winkopie want die huis is vir baie meer waardeer as wat ek gaan betaal. Hulle rente koers was ook meer as 1 persent beter as enige ander instansie wat dit oorweeg het om die lening toe te staan. Hulle het ook die deposito so goed aangepas dat dit perfek by my situasie aanpas. Hulle het my konstant op hoogte gehou gedurende die koop proses, al het dit omtrent 2 maande geduur om alles aftehandel aangesien die huis eers op 'n veiling was het ek nie een oomblik gewonder wat fout is dat ek so lank wag nie, ek was altyd bewus van wat die volgende stap was. Die konsultant het my soos 'n vriend hanteer wat my 'n guns skuld, ek kon hom enige iets vra en hy sou uit sy pad gaan om dit so vinnig moontlik te doen al het ek hom glad nie geken nie. Uitstekende diens SA Home Loans en dankie Kobus Kemp.

Contact
Client Zone
Get started