Marlize Kritzinger | SA Home Loans

Western Cape

04 Nov 2011

Marlize Kritzinger

Hier is ons storie. Ons het ons huis by Eerste Nasionale Bank gekoop. Na n seker tyd het ons besluit om bietjie ons nuwe huis in n droom huis te omskep omrede ons geen kaste in slaapkamers gehad het nie, ons teel vloere was reg deur die huis gekraak, selfs ons kombuis was in n slegte toestand. Ons het n ekstra kamer en badkamer nodig gehad agv ons groot gesin. So het ons aansoek gedoen maar geen terugvoer. Ons het SA Home Loans se advertensie gehoor en so het ek ingebel en n baie vriendelike dame (dink haar naam is Cindy) het ons gehelp en so is ons lening in net n dag goedgekeur. Omtrent 3 maande na alles kon ons kaste in al die vertrekke sit en n ekstra kamer met badkamer aanbou, die mooiste houdvloere insit, daar was tot genoeg oor om ons kuierplek (lapa) reg te maak. Dit was nie meer nodig vir ons gesin om skaam te kry vir ons huisie en ons sal altyd dankbaar wees teenoor SA Home Loans wat ons die grootste geskenk gegee het en ons droom laat waar word het. Dus lekker om in n mooi gerieflike huis te bly. Dankie vir julle puik wonderlike diens. Ek sal aanhou om jul naam hoog te hou by my vriende en familielede. Mag jul almal n geseende jaar he. Kritzinger gesin.

Contact
Client Zone
Get started